چه کسانی این کتاب را می‌خوانند

دانشجوعلاقه‌مند یادگیری
کتابخوان حرفه‌ایلذت مطالعه
نویسندهالهام‌گیری

Snoeiskêr (Afrikaans Edition)

Piet Steyn [Steyn, Piet]

قیمت نهایی

۴۴٬۰۰۰ تومان۴۹٬۰۰۰ تومان۱۰٪ تخفیف
  • تخفیف زمان‌دار−۵٬۰۰۰ تومان

۵٬۰۰۰ تومان صرفه‌جویی نسبت به قیمت اصلی

نسخه اصلی و اورجینال

بلافاصله پس از خرید، فایل کتاب روی دستگاه شما آمادهٔ دانلود است.

تحویل فوری
پرداخت امن
ضمانت فایل
پشتیبانی

مشخصات کتاب

سال انتشار
۲۰۱۱
فرمت
EPUB
زبان
af
حجم فایل
۳۰۷٫۲ کیلوبایت
شابک
9780624046479، 9780624052494، 9780624055303، 9780624055310، 9780624060468، 0624046478، 0624052494، 0624055302، 0624055310، 0624060462

دربارهٔ کتاب

Die duime is met ’n soort skêr of tang afgesny, en geoordeel na die merke aan die vingerbeentjies, is dieselfde instrument in elke geval gebruik. Moontlik ’n gewone snoeiskêr, net baie skerp. Langs ’n Johannesburgse mynhoop word een van die lyke gekry, in die veld naby die Mosambiekgrens lê nog twee, ’n ander in ’n bloedbespatte kamer van ’n derderangse hotel in Hillbrow, almal met die afgesnyde duime op die bors geplaas. Die misdaadverslaggewer Patricia de Beer begin verbande lê tussen die verskillende gevalle. Is hier ’n reeksmoordenaar aan die werk? Sy praat met haar vriende in die Eenheid vir Geweldmisdaad, en toe supt. Pine Pienaar en sy span agterkom dat daar jare gelede op ’n plaas naby Vrede ’n plaasmoord was waarin ’n vrou se duime afgesny is en op haar bors gelaat is, begin hulle Patricia gelyk gee. Op ’n verlate grondpad in Mpumalanga bring ’n donker man met ligbruin, byna geel oë sy dubbelkajuitbakkie in ’n stofwolk tot stilstand. Hy lees Patricia se artikel oor ’n moordenaar wat sy onversadigbare bloedlus met ’n snoeiskêr bevredig. Hy kyk na haar foto by die artikel, luister ’n ruk na die getik van sy bakkie se warm enjin. Hy draai die aansitter en die bakkie brul. Hy sal haar adres maklik kry. Alle paaie lei na die hel, en soms moet jy duimgooi daarheen. Piet Steyn se spanningsdebuut is ’n vuishou op die krop van die maag. Kru, gewelddadig, kniediep in van die land se somberste werklikhede. Dit is ook geskryf met diepgaande kennis van die karakters wat in hierdie omstandighede leef en sterf, en met ’n meesterlike beheer van spanning en die onverwagse. Pine Pienaar, Kat Harmse, die kleurryke Freislichs van Virginia . . . Piet Steyn se aanhangers ken die meeste van die hoofkarakters in sy jongste polisieroman. En weer is dit ’n verhaal barstens vol aksie en raaisels en . . . hormone! Propvol dwelms ook, want hierdie keer is dit die landwye toename van tik-verslawing wat ons polisiemane hoofbrekens besorg. Die tik-epidemie is so ’n onvoorsiene vloedgolf wat van die Wes-Kaap na Gauteng oorgespoel het dat niemand minder nie as kolonel Kat Harmse van die Valke na Potchefstroom gestuur word om aan die Noordwes-universiteit 'n internasionale kongres oor tikverslawing by te woon. Lesings en referate en toesprake? Beslis nie Kat se gunsteling-tydverdryf nie. As dit nie was dat die forensiese patoloog dr. Annie de Villiers (Mooi Annie!) ook die kongres moes bywoon nie, en dat daar intussen in die Vredefortkoepel ’n reeks erg raaiselagtige moorde plaasgevind het nie, sou hy daar en dan almal in hul koepel ingestuur het. Maar toe is Potch nie so sleg nie. Annie bly in die bungalow net langs Kat s’n, hy loop sy ou pel Kris Freislich in die kroeg raak, en sien met naakte bewondering hoe mooi groot Kris se dogter, Baby, geraak het. Wat nie vir Kat so ooglopend soos Baby se kaal midderif is nie, is dat die Vredefortkoepel – ’n wêrelderfenisgebied – die sentrum geword het vir die verspreiding van tik. Die bron daarvan is ’n geheimsinnige plaas in die distrik Vrede, nie ver daarvandaan nie. Dit is hier waar ’n charismatiese godsdiensleier sy onderdane met die Bybel en tik onder sy duim hou. En dit is van hierdie plaas met sy permanent bedwelmde kultusgroep dat ene Charlie Stevens, ’n ou bekende in die Johannesburgse onderwêreld, in die koepel aangeloop kom. Wat is Charlie se verhaal? Hoe hou dit verband met die een lyk na die ander wat in die Vaalrivier afgedryf kom? Eers toe Kat net-net daarin slaag om te keer dat Charlie self in 'n watergraf beland, begin iets van die misterie deurskemer: Die kultusleier van Vrede oefen sy mag uit deur jong kinders gyselaar te hou. As hulle nie gou speel nie, sterf 'n seun. En as hý reeds dood is, het hulle nou ook vir Baby! Kat verloor dit heeltemal. Die tik, die seun met die haelgeweer, die kind sonder ouers en die dooies agter hom in die eetsaal . . . alles ontplof in hom en verduister alle rede. Die ou wond by sy oor klop soos ʼn blootgelegte hart; hy kom regop agter die pilaar en druk die AK se kolf teen sy skouer vas; klein onder die verswelgende warrel van die helikopter. Waar skiet ʼn mens die ding? Waar sit sy enjin? Maak dit saak? Skiet net! Stop die bliksems! Pine Pienaar, Kat Harmse, die kleurryke Freislichs van Virginia . . . Piet Steyn se aanhangers ken die meeste van die karakters in sy jongste polisi Die duime is met 'n soort sker of tang afgesny, en geoordeel na die merke aan die vingerbeentjies, is dieselfde instrument in elke geval gebruik. Moontlik 'n gewone snoeisker, net baie skerp vir lyke, almal met die afgesnyde duime op die bors geplaas.

قیمت نهایی

۴۴٬۰۰۰ تومان